2017 Wiskunde Graad 2 – Kwartaal 2: Gekombineerde TAAK + Memo + Assesseringsplan [2017]

R30.00

Category:

Description

Skrywer: Kobie Kleynhans

  • Taak + Memo (38 bladsye)
  • Assesseringsplan (5 bladsye)

Getalle, Bewerkings & Verhoudings

1.1  Getalbegrip:

  • Tel gegroepeerde voorwerpe in veelvoude van 3s; 4s; 5e en 10e.

1.2  Orden, vergelyk en beskryf getalle:

  • Skryf die getalle in dalende en stygende orde.
  • Voltooi die volgende deur simbole te gebruik: < = >
  • Meer of minder as met behulp van ‘n getallekaart.
  • Rond die getalle af na die naaste 10 bv. 13 ® 10
  • Verdubbel of halveer die getalle.

1.3  Getalname en -simbole:

  • Verbind die korrekte getalnaam met die getalsimbool.
  • Lees die getalnaam en skryf die getalsimbool.
  • Skryf die korrekte getalnaam.

1.4 Plekwaarde:

  • Skryf ‘n getalsin vir die volgende.
  • Voltooi HTE bv. …………. = 100 + 30 + 2
  • Bou HTE op deur tekeninge te gebruik.
  • Wat is die getalwaarde /plekwaarde van die onderstreepte  syfer?

1.5  Probleemoplossings:

  • Wys jou bewerking en skryf ‘n getalsin. Jy mag ook ‘n prent teken.

1.6  Bewerkings:

  •  Gebruik die getallelyn om jou bewerkings aan te dui.
  • Halveer en verdubbel heelgetalle in stappe.
  • Berekeninge deur getalle af te breek.

1.7  Breuke:

  • Kleur die aangeduide breukdeel in bv. een halwe.
  • Verdeel die vorms in die aangeduide breukdeel en kleur een deel in bv. twee derdes.
  • Watter breukdeel is ingekleur?

1.8  Geld:

  • Tel rande en munte bymekaar.
  • Bereken koste en verskil van inkopies in rand en sent.
  • Teken die bedrae in Rande en munte.

Patrone, Funksies & Algebra

2.1  Getalpatrone: Voltooi die patrone deur aan en terug te tel in veelvoude van 2’s; 3’s, 4’e, 5’e; 10’e en benoem die reël.

2.2  Geometriese patrone: Voltooi die ontbrekende patroon. Brei die patrone uit deur een stel by te teken.

Ruimte en Vorm (Meetkunde)

  • Simmetrie: Identifiseer prent wat simmetries is.
  •  2-Dimensionele vorms: Herken en teken.
  •  3-Dimensionele voorwerpe:
  • Pas die 3-D voorwerp by die korrekte naam bv. sfeer, silinder, keël, piramiede, reghoekige prisma, kubus. Herken kenmerke van 3-D voorwerp bv. rol/gly; plat/ronde oppervlaktes.

Meting: Kalender, Tyd, Massa, Lengte

4.1  Kalender:

  • Voltooi ‘n kalender.
  • Noteer datums op die kalender.
  • Beantwoord vrae oor die kalender.

4.2 Tyd

  •  Lees en skryf die analoog tyd. (Ure & halfure)
  • Lees die tyd en teken die uur- en minuutwyser.
  • Hoeveel minute is in een uur; ‘n halfuur en ‘n kwartier.

4.2 Massa:

  • Rangskik die items volgens massa.
  • Lees massa op ‘n skaal.
  • Herken maateenheid waarmee ons massa meet en afkortings nl. g. – gram; kg. – kilogram.

4.3  Lengte:

  • Kan lengtes lees in cm deur ‘n linaal te gebruik.
  • Meet die lyne in sentimeters met jou liniaal.
  • Herken maateenheid waarmee ons lengte meet en afkortings nl. cm –sentimeters en km.- kilometers.

Datahantering

  • Gebruik gegewe data om ‘n staafgrafiek te voltooi en beantwoord vrae oor die staafgrafiek.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “2017 Wiskunde Graad 2 – Kwartaal 2: Gekombineerde TAAK + Memo + Assesseringsplan [2017]”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

My Inkopies

Produkte

Epos bewys van betaling en indien u nie bestelling binne 24-uur ontvang het nie, epos my die bestelnommer om op te volg, Dismiss