Graad 1 Lewensvaardigheid Kwartaal 4 TAAK

R10.00

Description

Geskryf deur Kobie Kleynhans

Inhoud: TAAK (7x bladsye – Geen Memorandum nie)

Let wel: Geen memorandum – Alle inhoudsareas word deur kontrolelys geassesseer.

 

 Aktiwiteit 1:  Aanvangskennis (K0ntrolelys)

  • Verskillende huise: Teken ‘n baksteen huis en ‘n huis wat van hout en sinkplaat gemaak is.
  • Prentekaart: Teken die roete wat jy elke dag skool toe stap/ry.

 

Aktiwiteit 2: Persoonlike- & Sosiale Welstand (Kontrolelys)

  • Waterbesparing:  Kyk na die prente en skryf die sinne by die regte prent.  Teken nog 2 prentjies met sinne om te wys hoe ons water gebruik.
  • Herken veilige en onveilige water.
  • Teken ‘n prent om te wys hoe lyk DAG en hoe lyk NAG.

 

Aktiwiteit 3: SKEPPENDE KUNS: DANS, DRAMA, MUSIEK, VISUELE KUNS (K0ntrolelys)

  • Beweging: Gebruik van sintuie: hoor – luister na instruksies terwyl rondbeweeg word.
  • Perseptueel-motories:  Rol ‘n groot bal na ‘n maat; Aangee van ‘n bal van een persoon na ‘n ander; Gooi en vang van balle.
  • Sport en speletjies:  Leerder neem aktief deel aan sport en speletjies as deel van ‘n groep.

 

Aktiwiteit 4: LIGGAAMLIKE OPVOEDING (Kontrolelys)

  • Beweging: Loop, hardloop en huppel deur van seine gebruik te maak om loop, hardloop en huppel af te wissel.
  • Perseptueel-motories : Sirkelformasie – speletjies soos slaan die bal na maats wat in ‘n kring staan.
  • Ritme: Speletjies deur van toue gebruik te maak (twee leerders swaai ‘n tou en die derde spring daaroor).
  • Koördinasie: Handsokker met groot balle; Voet-oogkoördinasie, groet mekaar deur voete te raak.
  • Balans: Loop op toue – agtertoe, vorentoe en sywaarts met of sonder om die voete te kruis;l  loop op toue met hande op die kop, hander agter die rug, hande op die heupe; Staan op jou tone, hurk, loop op die bal van die voet, loop slegs op die hakke.      
  •  Lateraliteit: Draai op die plek na links en regs; Skop ʼn bal na ʼn teiken deur van die linker-/regtervoet gebruik te maak; gooi ‘n bal deur ‘n hoepel met die linker-/regterhand .

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Graad 1 Lewensvaardigheid Kwartaal 4 TAAK”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

My Inkopies

Produkte

Epos bewys van betaling en indien u nie bestelling binne 24-uur ontvang het nie, epos my die bestelnommer om op te volg, Dismiss