My Klaskamer

My Klaskamer ….

 

Graag wil ek myself en my webtuiste aan julle bekendstel.

Ek is ‘n GSF Onnie in hart en siel al vir ‘n baie jare.  Soos baie van ons het ek ‘n passie om jong kinders te onderrig. Kinders is soos klei wat net wag om gevorm te word en die grondslagfase jare in ‘n jong kind se lewe is die fondasie wat ons neerlê.

“My Klaskamer” is ‘n baie jong webwerf. Alle hulpbronne wat in die webwerf beskikbaar is, kom uit my eie klaskamer – vandaar die naam: “My Klaskamer.”  Ek deel graag met Onnies wat ook ‘n passie het my hulpbronne om sodoende ook weer onderwys vir julle lekker te maak.

Die webtuiste groei daagliks en soos ek nuwe hulpbronne opstel, publiseer ek dit op die webtuiste. Alhoewel CAPS gefokus handhaaf ek ‘n hoë standaard in my taakkaarte, assesseringstake en ander hulpbronne.  CAPS is die minimum vereistes en ek glo dat dit belangrik is dat daar differensiasie in die leerervarings, leerderaktiwitiete en assesseringstake moet wees om die “vinniger outjies” ook te ontwikkel.

Dit is dus baie belangrik dat u kennis daarvan moet neem dat my take nie noodwendig volgens die minimum vereistes van CAPS opgestel word nie, maar dat dit gefokus is op differensiasie in alle leerareas en inhoudsareas om meer ‘n ware refleksie van die kinders se vermoëns te weerspieël.

 

Sluit ook asb aan by my “Facebook Page” – My Klaskamer.

melonheadzkid73

Produkte Kategorieë

My Inkopies

MOET ASB NIE 'N BESTELLING PLAAS INDIEN U NIE BEOOG OM DIE BESTELLING BINNE 7DAE TE BETAAL NIE. Dismiss