[2017] Assessering Wiskunde Graad 3 Kwartaal 3 Gekombineerde TAAK & MEMO

R20.00

(1 customer review)
Category:

Description

Geskryf deur Kobie Kleynhans

Gekombineerde Taak + Memorandum + Assesseringsplan (41 bladsye)

Aktiwiteit 1: Getalle, Bewerkings & Verhoudings
1.1 Getalbegrip:
a) Tel tot 750 prente of voorwerpe en skryf die korrekte getalsimbool.
b) Tel aan en terug in 2’s; 3’s; 4’s; 5’e; 20’s; 25’s; 50’s tot 750 vanaf ‘n gegewe getal
1.2 Beskryf, vergelyk en orden getalle tot 750.
a) Afronding tot die naaste 10
b) Rangskik in dalende/stygende orde
c) Grootste/kleinste getal
d) Meer/minder as
1.3 Plekwaarde: Honderde, tiene en ene
a) Herken en benoem plekwaarde en getalwaarde.
b) Skryf in uitgebreide notasie / herbenoem die volgende getalle, bv. 448 = 400 + 40 + 8.
c) Breek die getalnaam af in HTE bv. driehonderd twee en vyftig = 3H + 5T + 2E

1.4 Lees en skryf getalsimbole en getalname.
1.5 Probleemoplossing:
• Los woordprobleme op wat optelling; aftrekking; vermenigvuldiging en gelyke deling wat lei tot breuke behels.
1.6 Bewerkinge:
a) Kitsreken: Optel, aftrek, vermenigvuldig en deel.
b) Vermenigvuldig en deel met 2/3-syfergetalle in stappe.
c) Optelling en aftrekking met 3-syfergetalle in stappe.
1.7 Breuke:
a) Herken en gebruik halwes, kwarte, agstes, derdes, sesdes, vyfdes in bekende konteks.
b) Herken breuke in diagramme.
c) Herken dat 2 halwes ‘n hele maak.
d) Skryf breuke as 1 halwe, 1 derde, ensovoorts.
1.8 Bewerkinge met geld.
Bereken onkostes sowel as verskil (kleingeld).

Aktiwiteit 2: Patrone, Funksies en Algebra
2.1 Getalpatrone:
a) Voltooi getalpatrone deur aan of terug te tel:
• in ene tussen 0 and 750,
• in twees tussen 0 and 750,
• in drieë tussen 0 and 750,
• in viere tussen 0 and 750,
• in vywe tussen 0 and 750,
• in tiene tussen 0 and 750,
• in vyftigs te tel tussen 0 en 1000;
• in vyf en twintigs te tel tussen 0 en 1000
• in honderde tussen 0 and 1 000.
2.2 Meetkundige patrone:
a) Herken en benoem meetkundige patrone in reeks en kan dit uitbrei.
b) Skep eie herhalende patron; groeiende patroon en grootte veranderende patroon deur ten
minste 3/4 verskillende vorms, kleur of voorwerpe te gebruik.

Aktiwiteit 3: Ruimte & Vorm (Meetkunde)
3.1 Simmetrie: Herken simmetrie in prente, voorwerpe en figure en kan in eie woorde beskryf wat dit beteken.

3.2 Posisie en aanwysings: Gebruik ‘n kaart om aanwysings te volg en vrae te beantwoord
3.3 Herken eienskappe van 2D-vorms en 3D-voorwerpe

Aktiwiteit 4: Meting
4.1 Herken verskillende meetinstrumente asook maateenhede bv. ‘n skaal meet massa.
4.2 Meting: Lengte
Gebruik jou liniaal om die figure se lyne in sentimeters te meet.
4.3 Meting: Tyd
Lees tyd in woorde; teken die uur- en minuutwysers op die horlosie skryf die tyd in digitale tyd.
4.4 Gebruik ‘n kalender om tydsduur in dae of weke te bereken.

Aktiwiteit 5: Datahantering
5.1 Lees gegewe data vanaf ‘n staafgrafiek en beantwoord vrae.

1 review for [2017] Assessering Wiskunde Graad 3 Kwartaal 3 Gekombineerde TAAK & MEMO

  1. Francia Du Plessis (verified owner)

    Fantastiese diens, vinnig en effektief dankie

Add a review