[2017] Assessering Wiskunde Graad 3 Kwartaal 3 TAAK 3 & MEMO

R20.00

(2 customer reviews)
Category:

Description

Geskryf deur Kobie Kleynhans

Assesserings Taak + Memo + Assesseringsplan (32x bladsye)

Aktiwiteit 1: Getalle, Bewerkings & Verhoudings
1.1 Getalbegrip: Tel aan en terug in 5’e, 50’s, 25’s tot 750 vanaf die gegewe getal.
1.2 Vergelyk, beskryf en orden heelgetalle.
1.3 Skryf getalsimbole en getalname, bv.
3 groepe van honderd + 2 groepe van tien en 7 ene = driehonderd sewe en twintig
1.4 Gebruik toepaslike simbole om getalle te beskryf: Vul > , < of = in:
1.5 Kitsreken: Voltooi die volgende. .
1.6 Bewerkinge: Doen somme in stappe deur eie metodes te gebruik.
1.7 Probleemoplossing Oplossing en verduideliking van probleme wat gelyke deling behels en wat lei tot breuke.
1.8 Breuke:

  • Herken en gebruik halwes, kwarte, agstes, derdes, sesdes, vyfdes in bekende konteks.
  • Herken breuke in diagramme.
  • Herken dat 2 halwes ‘n hele maak.
  • Skryf breuke as 1 halwe, 1 derde, ensovoorts.

1.9 Bewerkinge met geld.

Aktiwiteit 2: Patrone, Funksies en Algebra
2.1 Getalpatrone:
a)Voltooi getalpatrone deur:
• in vywe te tel tussen 0 en 750;
• in vyftigs te tel tussen 0 en 1000;
• in vyf en twintigs te tel tussen 0 en 1000.
b) Beantwoord vrae deur patrone te herken.
2.2 Meetkundige patrone:
 Brei meetkundige patrone uit.
 Kopieer meetkundige patrone
 Skep eie herhalende patron; groeiende patroon en grootte veranderende patroon deur ten minste 3/4 verskillende vorms, kleur of voorwerpe te gebruik.

Aktiwiteit 3: Ruimte & Vorm (Meetkunde)
3.1 Posisie en aanwysings:
Gebruik ‘n kaart om aanwysings te volg en vrae te beantwoord.

Aktiwiteit 4: Meting
4.1 Meting: Tyd
Lees tyd in woorde; teken die uur- en minuutwysers op die horlosie skryf die tyd in digitale tyd.
4.2 Gebruik ‘n kalender om tydsduur in dae of weke te bereken.

Aktiwiteit 5: Datahantering
5.1 Dui gegewe data aan op staafgrafiek deur van ‘n sleutel gebruik te maak, gee ‘n titel en etiketter kolomme.
Beantwoord vrae.

2 reviews for [2017] Assessering Wiskunde Graad 3 Kwartaal 3 TAAK 3 & MEMO

  1. Sanet Human (verified owner)

  2. Ann-Mare greeff (verified owner)

    Baie oulik – dit het my kind baie gehelp.

Add a review