Opgestel deur Kobie Kleynhans
Wiskunde Lesbeplanning vir Graad 1 – Kwartaal 1 [PDF & MS WORD]
10x Weke (52X Bladsye)
Sluit riglyne in vir Basislynassessering.
Sluit ‘n Weeklikse beplanning in, asook ‘n Daaglikse beplanning.
Daaglikse beplannings is soos volg opgedeel:
- Geheelklas: HOOFREKENE (10 min)
- Geheelklas: PROBLEEMOPLOSSINGS (10min)
- Geheelklas: GETALBEGRIP-ONTWIKKELING (10 min)
- Geheelklas: NUWE KONSEPTE & HERSIENING (15 min)
- Groepwerk: VASLEGGING VAN KONSEPTE (10 min)
- Onafhanklik/Selfstandig: SKRIFTELIKE TAAK Voltooiing (30 min)
Daar word daagliks voorsiening gemaak om met drie groepe Groepwerk/Matwerk te doen terwyl ander leerders skriftelike take voltooi.
Die doel en struktuur van die lesbeplannings fokus hoofsaaklik op inhoud/konsepte wat geonderrig moet word in ooreenstemming met die CAPS-kurrikulum. Dit verskaf ‘n omvattende raamwerk vir die organisering en doeltreffend riglyn vir lesse, met inagneming van die leerdoelwitte, kurrikulumvereistes en die behoeftes van die leerders.
Die hulpbronne wat beskikbaar is op die webwerf se doelwit is om konsepte wat reeds onderrig is te ondersteun en om aanvullende materiaal te bied wat spesifiek aangepas is vir ‘n wye verskeidenheid kurrikula en onderrigstyle.
Daarom mag dit nodig wees vir jou as opvoeder om die lesbeplanning aan te pas en te personaliseer om dit in lyn te bring met jou hulpbronvereistes. Vir die rede is die lesbeplanning beskikbaar gestel in MS Word formaat.
Kobie Kleynhans –
Hi Kobie.
Dit is regtig van groooooot waarde. Baie mooi uiteengesit en verstaanbaar. My kinders se Wiskunde het verbeter vanaf ek die jaar jou goed gebruik. Ek is op die platteland en ek is totaal op my eie met beplanning en idees. Ek vat jou goed en “meng” dit met myne en so help dit my baie.
Gaan jy Afrikaans beplanning ook doen? Ek sal dit net so graag wil he. Veral om kinders vinniger te leer sinne skryf. Ek dink ek werk te stadig met die skryfwerk. Dink as ek by jou kan sien wanneer om wat te doen sal dit ook verbeter in my klas.
Ek waardeer regtig wat jy doen vir die onderwys.
Lekker dag.
Marilize van Zyl
Kobie Kleynhans –
Ek hou reeds meer as 20 jaar skool en ek moet eerlikwaar vir jou sê dat jou beplannings is puik! Dis duidelik en verstaanbaar…ek dink jy doen amazing werk…dit is veral baie behulpsaam vir nuwe onnies.
Liezl Cornelius
Salome W. –
Weeklikse en daaglikse skedule maklik en netjies uiteengesit! Mens kan sien sy sit baie tyd en moeite in met haar produkte.
Lizette De Jager –
Annistatia –
Jessica Robyn –
Cinde Van Dyk –
Jo-Ann van der Lingen –
Estie Matthee –
Anri Kasselman –
Nanette S. –
Este D. –
Olga Murray –
Anonymous –
Janis Marais –
Janie Brink –
Suzelde Sauer –
Cecile Lambrechts –
Elizbe Kotze –
Louise Swart –
Volgens vereistes en duidelik verstaanbaar.
Melodene Abrahams –
Deniel M. –
Natasha van der Walt –
Baie deeglike en volgens CAPS.