Hierdie stel bevat 5 stories, elk met 8 kleurvolle storiekaarte:
- The Rescue / Die Redding
- Fun at the Lake / Pret by die Dam
- Surfing Buddies / Branderplank Maats
- Lemonade Stand / Lemonade Stalletjie
- Be Kind / Gee om
Die gebruik van storiekaarte bied ‘n interaktiewe en boeiende manier om leerders in die storievertellingproses te betrek, terwyl hulle belangrike kognitiewe en taalvaardighede ontwikkel.
- Visuele Waarneming: Leerders fokus op die visuele elemente van die storiekaarte en gebruik hierdie inligting om ‘n betekenisvolle storie te skep.
- Taalvaardigheid: Leerders ontwikkel taalvaardighede deur die verband tussen die prente en woorde te maak, wat hulle help om hul storie op ‘n beskrywende en korrekte manier te vertel.
- Kreatiewe Denke: Leerders word aangemoedig om kreatief te dink en ‘n unieke storie deur hul interpretasie van die prente te skep.
- Struktuur: Leerders leer om ‘n storie op te bou deur die volgorde van gebeure te identifiseer, insluitend die begin, middel, en einde van die storie.
- Storie Elemente: Leerders leer om verskeie storie-elemente te herken, soos die titel, karakters, omgewing, en die identifisering van ‘n probleem en die oplossing daarvan.
Hierdie vaardighede help leerders om ‘n georganiseerde en samehangende storie te skep.
Vernita –
Anonymous –
Ek is ‘n onderwyseres by ‘n skool vir leerders met Down Sindroom, so ek probeer die kinders leer om te luister na ‘n storie en om dan die storie terug te vertel deur na die prentjies te wys. Baie van hulle is “Non-Verbal” so om die storieprentjies in volgorde te sit is al vir hulle ‘n groot ding.