Kwartaal 3 neem leerders na die volgende vlak van rekenaardenke. Hulle leer om lusse, besluite, IPO, ontfouting en robotontwerp saam te gebruik om meer komplekse probleme op te los.
Die kwartaal fokus nie net op die uitvoer van instruksies nie, maar ook op die verduideliking van denke. Leerders begin verstaan waarom een oplossing beter, korter of meer doeltreffend as ’n ander is.
Die program volg die leerbenadering: Liggaam → Vloerrooster → Papier
Hierdie praktiese progressie help leerders om nuwe konsepte veilig en met begrip te ontwikkel voordat dit op papier toegepas word.
Kwartaal 3 sluit onder andere in:
• Gevorderde lusse en herhaling
• Eenvoudige besluitneming
• IPO-siklus
• Ontfouting en foutklassifikasie
• Optimalisering en doeltreffendheid
• Robotkomponente
• Helper-robotontwerp
• Digitale burgerskap
• Finale konsolidasie
Hierdie kwartaal help leerders om onafhankliker probleemoplossers te word en berei hulle voor vir die integrasie van alle konsepte in Kwartaal 4.
Hierdie pakket sluit in:
• Volledige lesplanne
• Bypassende werkkaarte
• Volledige memorandums
• Praktiese vloerrooster-aktiwiteite
• CAPS-belynde assesseringsgeleenthede
• Digitale burgerskap-integrasie
• Ronnie die Robot-aktiwiteite







Anonymous (verified owner) –