Die Graad R Kwartaal 2 Assesseringspakket help opvoeders om leerders se ontwikkeling prakties en sistematies waar te neem. Die take is ontwikkelingsgepas en word deur gesprekke, spel, beweging, praktiese aktiwiteite en gewone klasroetines uitgevoer.
Die assesseringstake is 100% belyn met die My Klaskamer Graad R Kwartaal 2-lesplanne. Dit beteken dat elke hoofbewys aansluit by vaardighede wat reeds in die lesplanne onderrig en ingeoefen is. Die take moet dus nie as losstaande toetse gebruik word nie, maar as natuurlike assesseringsgeleenthede binne die weeklikse program.
Week 1–4 fokus op onderrig, inoefening en informele waarneming. Week 5–9 word gebruik vir hoofbewyse. Week 10 is vir ondersteuning, opvolg en uitstaande bewyse.
Die pakket dek Huistaal, Wiskunde en Lewensvaardigheid en sluit assesseringsplanne, rubrieke, kontrolelyste en rekordhouding in.









Anonymous (verified owner) –
Anonymous (verified owner) –
Baie dankie.