Diktee is ‘n didaktiese metode waar die opvoeder ‘n teks hardop voorlees, en die leerders die teks neerskryf soos wat hulle dit hoor.
Diktee is meer as net ‘n skryfoefening—dit is ‘n kragtige hulpmiddel in die grondslagfase!
Wanneer kinders diktee skryf, ontwikkel hulle nie net hul spel- en taalvaardighede nie, maar ook hul luistervaardighede en konsentrasievermoë. Dit help hulle om klanke en woorde beter te herken en vas te lê, wat die basis vorm vir goeie lees- en skryfvaardighede later aan. Maak diktee deel van jou daaglikse roetine en sien hoe jou leerders se vertroue in hul skryfwerk begin groei! ![]()
![]()
Hoe om diktee effektief in jou klaskamer te implementeer:
- Voorbereiding: Kies eenvoudige sinne wat gepas is vir die leerders se vlak en wat relevante taal- en spelvaardighede bevat. Fokus bv. op die week se spelwoorde.
- Lees die sin: Lees die sin hardop in ‘n duidelike en stadige tempo. Herhaal dit indien nodig. Moedig leerders aan om na die intonasie, uitspraak en ritme van die teks te luister.
- Skryf die sin: Laat die leerders die sin neerskryf soos wat hulle dit hoor. Dit help om die spelling en taalstrukture vas te lê.
Moet nie te veel tyd gee vir die diktee nie. Hou dit kort en fokus op kwaliteit. - Kontroleer en hersien: Gaan die diktee na en merk enige foute aan. Bespreek die foute saam met die leerders en verduidelik die korrekte spelling en grammatika.
Laat die leerders die teks hersien en verbeter waar nodig. - Praktiese toepassing: Moedig leerders aan om die woorde en taalstrukture wat hulle geleer het, in ander skryfwerk te gebruik, bv. ‘n Sin begin met ‘n hoofletter, spasies tussen woorde, eindig met ‘n punt.
Deur diktee as ‘n gereelde deel van jou onderrigprogram op te neem, sal jy die leerders help om sterk taal- en spelvaardighede te ontwikkel wat hulle in hul akademiese reis sal ondersteun. ![]()
![]()

