GRAAD R RIGLYNE

Graad R is ’n oorgangsfase tussen tuis/kinderjare en formele skool. Die fokus is op spelenderwys leer om skoolgereedheid te ontwikkel – fisies, kognitief, sosiaal en emosioneel.

Daar is drie leerareas in Graad R volgens CAPS:

1. Huistaal

Doel: Ontwikkel kommunikasie, luister, praat, vroeë lees- en skryfvaardighede.

Fokus:

-Luister na stories en instruksies.

– Gesels in sinne, gebruik nuwe woorde.

– Klankbewustheid: rymwoorde, eerste klanke hoor.

– Fynspierontwikkeling deur teken, kleur, skryfpatrone.

– Ontwikkel ’n liefde vir boeke en stories.

2. Wiskunde

Doel: Ontwikkel basiese wiskundige begrippe deur spel en konkrete ervaring.

Fokus:

– Tel en getalbegrip tot minstens 10.

– Patrone herken en skep.

– Vorms en ruimte (sirkel, vierkant, driehoek; links/regs, bo/onder).

– Meting (groot/klein, lank/kort, swaar/lig).

– Geld (herken munte), tyd en eenvoudige probleemoplossing in speelsituasies.

3. Lewensvaardigheid

Doel: Ontwikkel die hele kind – liggaamlik, sosiaal, emosioneel en kreatief.

Komponente:
1. Fisieke ontwikkeling

– Grootspierontwikkeling: hardloop, spring, balvaardighede.

– Fynspiere: skêr gebruik, bou, teken.

2. Persoonlike en sosiale ontwikkeling

– Deel, saamwerk, respek en reëls volg.

– Selfbeeld en selfvertroue bou.

3. Kuns en kultuur

– Musiek, dans, dramatisering, visuele kuns (teken, verf, handwerk).

4. Omgewingsbewustheid

– Gesels oor familie, skool, gemeenskap, natuur en veiligheid.

Assessering in Graad R

Informeel en waarnemingsgebaseer – opvoeder kyk na kinders se spel, deelname en vordering.

Belangrik: Geen formele assesserings nie.

Onderrigbenadering

* Spel is die kern van leer.

* Aktiwiteite moet prakties, konkreet en interessant wees.

* Kort, gestruktureerde aktiwiteite afgewissel met vryspel.

Graad R lê die fondament vir leer deur speel, ontdekking en vroeë konsepontwikkeling. Dit berei die kind voor vir die meer formele werk wat in Graad 1 begin.

Shopping Cart
Scroll to Top