
‘n Nuwe Avontuur…
Die aanvang van ‘n nuwe skooljaar kan stresvol wees, maar met ‘n georganiseerde benadering kan alles glad verloop. Hier is ‘n handige doen-lysie om jou kind se skoolroetine met selfvertroue te begin:
Voorbereiding vir die Skooldag
✅ Skoolklere: Maak seker dat alle skoolklere skoon en gereed is.
✅ Skoolskoene & Sokkkies: Kontroleer dat skoene blink en sokkies netjies is.
✅ Skryfbehoeftes & Klere: Merk elke item duidelik.
✅ Tas: Pak die skooltas en merk dit deeglik.
✅ Potlode: Maak potlode skerp en kontroleer alle skryfbehoeftes.
Kosblik en Hidrasie
✅ Kosblik & Waterbottel: Pak gesonde kos en ‘n waterbottel in. Onthou om beide ook te merk!
Die Oggendroetine
✅ Bespreek die oggendroetine met jou kind:
- Staan op
- Trek aan
- Eet ontbyt
- Borsel tande
- Pak kosblik en waterbottel in
🕒 Belangrik: Maak seker dat jou kind die oggendroetine goed verstaan.
‘n Rustige Atmosfeer
✅ Skep ‘n kalm omgewing. Begin die dag met ‘n positiewe ingesteldheid.
Huiswerk & Middagroetine
✅ Huiswerkboek: Kontroleer en teken jou kind se huiswerkboek elke dag.
✅ Huiswerkhoekie: Rig ‘n spesiale hoekie in waar huiswerk gedoen word. Stel ‘n vasgestelde tyd daarvoor.
✅ Verantwoordelikheid: Leer jou kind van die begin af dat huiswerk sy/haar eie verantwoordelikheid is.
✅ Middagroetine:
- Waar word die tas en kosblik neergesit?
- Hoe word skoolklere gebêre?
- Spesifiek: Waar bêre ons die skoolskoene en sokkies?
Daaglikse Kontrole
✅ Maak daagliks seker dat skryfbehoeftes in goeie toestand is. Hou ekstra potlode tuis vir noodgevalle.
Met hierdie wenke is jy en jou kind gereed om ‘n suksesvolle skooljaar aan te pak. Gereelde roetines en goeie gewoontes bou selfstandigheid en selfvertroue.
Sterkte vir die nuwe kwartaal! 🌟
