Kodering & Robotika vir die Grondslagfase
My Klaskamer se Kodering & Robotika-pakkette is 100% CAPS-belyn, pedagogies veilig en maklik implementeerbaar in die Grondslagfase. Die fokus is op begrip, logiese denke en selfvertroue — sonder tegnologie-oorlading.
Leer eers met die lyf – dan die brein
Elke konsep volg ’n bewese ongepropte leerpad: Liggaam → Vloerrooster → Papier.
Leerders ervaar beweging eers fisies, pas dit dan prakties toe, en lê dit eers daarna op werkkaarte vas. Hierdie progressie voorkom oorlading en bou volhoubare begrip.
Klein stappe, groot begrip
Lesse word in klein, herhaalbare eenhede aangebied sodat nuwe kennis altyd op ’n stewige fondament rus. Begrippe word eers bemeester voordat daar verder gebou word.
Ontwikkelingsgeskikte beweging
Die bewegingsprogressie is afgestem op hoe jong kinders leer:
Graad R: Doolhof-logika
Graad 1: Blok-vir-blok met krap-stappe
Graad 2–3: Formele draaie en oriëntasie
Hierdie opbou verseker konsekwente vaardigheidsontwikkeling sonder verwarring.
Duidelike, onderwyser-vriendelike struktuur
Elke les volg ’n skoon, voorspelbare formaat met doel, leeruitkomste, CAPS-kodes, aktiwiteite en afsluiting — geen raaiwerk en min voorbereiding vir die onderwyser.
Wat is ingesluit?
Elke pakket bevat 10 volledig uitgewerkte lesse met toepaslike werkkaarte en volledige memorandums, gereed vir onmiddellike gebruik in die klaskamer.








Anonymous (verified owner) –
‘n Baie groot hulp!
Anonymous (verified owner) –