Graad 1 Woordsomme Stel 4
Hierdie stel woordsomkaartjies kan uitgedruk word met antwoorde op die agterkant, ideaal vir probleemoplossing en begrip in die klaskamer.
Optelling, Aftrekking en Herhaalde Optelling tot 20:
- Gebruik konkrete apparaat, tekeninge, opbou en afbreek van getalle, getallelyne, asook verdubbel en halveer om probleme op te los.
- Gelyke Deling en Groepering: Los probleme op met heelgetalle tot 20, insluitend antwoorde met ’n res, deur gebruik te maak van konkrete apparaat, tekeninge en getallelyne.
- Geldprobleme: Oplos van geldprobleme wat totale en kleingeld in sent tot 20c of rande tot R20 behels.
Hierdie kaartjies is nuttig tydens hoofrekene en bied ‘n verskeidenheid strategieë om jong leerders te help om wiskundige konsepte te bemeester.







Reviews
There are no reviews yet