Graad 2 My Klankboek is ’n kindervriendelike klankwerkboek vir Afrikaans Huistaal, ideaal vir gebruik in Kwartaal 1. Die boek volg ’n gestruktureerde sintetiese leesbenadering, waar klanke een vir een aangeleer en saamgevoeg word om woorde te bou. Klanke word in ’n spesifieke, logiese volgorde aangebied (Funda Wande): s, i, t, n, e, o, l, k, a, r, v, d, u, w, b, m, p, f, h, g, j.
Hierdie boek dien as hersiening van enkelklanke en basiese woordfamilies, en help leerders om hulle lees- en skryfvaardighede te versterk.
Elke les fokus op:
• Korrekte lettervorming (deur nasporing),
• Ouditiewe persepsie (deur klankherkenning en prente),
• Woordbou (deur voltooitoefeninge en families), en
• Sinsbou (deur sinvoltooiing en eie sinne skryf).
Leerders kry ook geleentheid om kreatief te teken en hul eie sinne te formuleer, wat taalontwikkeling en selfvertroue bevorder. Dit is ’n waardevolle hulpmiddel vir enige onderwyser wat gestruktureerde foniese ontwikkeling wil ondersteun.








Reviews
There are no reviews yet