Graad R 2027 Lesbeplanning – Kwartaal 3 | KABV
Maak leer betekenisvol met My Klaskamer se Graad R 2027 Kwartaal 3-lesbeplanning, waar praktiese ontdekking, temagebaseerde onderrig en vaardigheidsontwikkeling geïntegreer word.
Hierdie kwartaal bevat 10 weke se weeklikse oorsigte en daaglikse lesaktiwiteite vir Afrikaans Huistaal, Wiskunde en Lewensvaardighede, gebaseer op die KABV-kurrikulumraamwerk.
Kwartaal 3 verbreed leerders se kennis van hul omgewing en moedig waarneming, ondersoek, kommunikasie en probleemoplossing aan.
Temas sluit in: Winter en die weer, vervoer vandag en lank gelede, beroepe en mense wat help, water, vrugte en groente, suiwelboerdery, wolboerdery en ‘n gesonde omgewing.
Huistaalaktiwiteite bevorder luisterbegrip, woordeskat, mondelinge taal, prentlees en ontluikende skryfvaardighede. Wiskunde fokus op die verdere ontwikkeling van getalbegrip, getalsimbole, patrone, meting, vorms, ruimtelike begrippe en probleemoplossing deur konkrete aktiwiteite.
Lewensvaardighede word geïntegreer deur omgewingsbewustheid, kreatiewe werk, beweging, liggaamsopvoeding en daaglikse perseptuele en fynmotoriese oefening.
Die beplanning bevat:
- Weeklikse oorsigte met temas, leerfokusse en voorbereiding.
- Daaglikse lesse vir Maandag tot Vrydag.
- Geïntegreerde vakbeplanning en praktiese leeraktiwiteite.
- Verwysings na werkboekbladsye en benodigde hulpmiddels.
- Geleenthede vir inoefening, informele waarneming en beplande assessering.
Ideaal vir onderwysers wat ‘n gebalanseerde, goed georganiseerde Graad R-program wil aanbied waarin leerders aktief ontdek, speel en leer.
BELANGRIK: Formele assesseringstake, rubrieke en kontrolelyste word afsonderlik verkoop en is nie by hierdie lesbeplanning ingesluit nie. Die beplanning dui wel die toepaslike assesseringsgeleenthede aan.









Marleze Ferreira –
Miemie M. –
Hannelie Du Plessis –
Ronel Du Plessis –
Laudine Meiring –
Dit is ‘n puik program. Sal dit defnitief aanbeveel. Bespaar my baie tyd. Diens is ook baie goed.
Leande Venter –
Adriaan Destinee –
Anonymous –
Natasja Van der Merwe –
Zeanith Smith –
Ek stel voor dat u vir elke dag beplan dan kan die opvoeder dit self aanpas soos nodig.
Karlien V. –
Marina –
Sunridge Primary Grade R –
elri van heerden –
AME BASSON –
Anonymous –
Fantasties
Edwina S. –
Christine Van der Linden –
Tamsyn Rautenbach –
Mignon Brits –
Sindy –
Leilanie Rossouw –
Janet Hayden –
Kobie se leermateriaal is altyd van hoogstaande gehalte. Die kinders geniet al die aktiwiteite.
Elvyda Bell –
Joannie Oosthuizen –
Monica Fourie –
Philna Van Schalkwyk –
Lize Kachelhoffer –
Alida –
LIZEL –
Anne –
GM VAN ROOYEN –
Hulpbronne is baie goed, dankie.
Monique Fouche –
Lolita Cairncross –
Anonymous (verified owner) –
Hierdie lesplanne is baie gebruikersvriendelik. Die assesserings word duidelik vanaf week 5 geintegreer in die lesplanne wat dit baie makliker maak om te weet wat en wanneer om te assesseer.
Anonymous (verified owner) –
Sone Rossouw (verified owner) –