Graad R 2027 Lesbeplanning – Kwartaal 4 | KABV
Sluit die Graad R-skooljaar doelgerig af met My Klaskamer se Graad R 2027 Kwartaal 4-lesbeplanning!
Hierdie praktiese, temagebaseerde beplanning bied 10 weke se weeklikse oorsigte en daaglikse lesaktiwiteite vir Afrikaans Huistaal, Wiskunde en Lewensvaardighede volgens die KABV-kurrikulumraamwerk.
Kwartaal 4 fokus op die vaslegging van aangeleerde vaardighede, verdere ontwikkeling en voorbereiding vir die oorgang na Graad 1.
Temas sluit in: Voëls en lente, plante en nuwe lewe, reptiele, dinosourusse, wilde diere, sport, feeste en spesiale dae, skoolgereedheid en jaarhersiening.
Die geïntegreerde lesse ondersteun mondelinge taalontwikkeling, luisterbegrip, prentlees, ontluikende skryfvaardighede, getalbegrip, patrone, vorms, meting, datahantering en praktiese probleemoplossing.
Lewensvaardighede bevorder selfstandigheid, sosiale vaardighede, kreatiwiteit, koördinasie en liggaamsbewustheid. Perseptuele en fynmotoriese aktiwiteite help om belangrike grondslagvaardighede verder te versterk.
Die beplanning bevat:
- Weeklikse temas, leerfokusse en hulpbronvoorbereiding.
- Daaglikse aktiwiteite vir Huistaal, Wiskunde en Lewensvaardighede.
- Praktiese en spelgebaseerde leergeleenthede.
- Werkboekverwysings en ondersteunende hulpbronne.
- Beplande assesseringsgeleenthede, hersiening, konsolidasie en ondersteuning.
- Doelgerigte skoolgereedheidsaktiwiteite en voorbereiding vir Graad 1.
‘n Waardevolle hulpmiddel om die laaste kwartaal georganiseerd aan te bied, vaardighede vas te lê en leerders se oorgang na Graad 1 te ondersteun.
BELANGRIK: Formele assesseringstake, rubrieke en kontrolelyste word afsonderlik verkoop en is nie by hierdie lesbeplanning ingesluit nie. Die beplanning dui wel die toepaslike assesseringsgeleenthede aan.









Marleze Ferreira –
Miemie M. –
Hannelie Du Plessis –
Ronel Du Plessis –
Laudine Meiring –
Dit is ‘n puik program. Sal dit defnitief aanbeveel. Bespaar my baie tyd. Diens is ook baie goed.
Leande Venter –
Anonymous –
Natasja Van der Merwe –
Alles is absoluut fantasties. Dis die mees volledigste van alles wat ek al by ander kon kry. 100% die moeite werd!
susan voster –
Karlien V. –
Marina –
Sunridge Primary Grade R –
elri van heerden –
AME BASSON –
Anonymous –
Fantasties
Christine Van der Linden –
amazing baie dankie!
Sindy –
Edwina Soldaat –
Leilanie Rossouw –
Sorette De Witt –
Joannie Oosthuizen –
Aurial Paul –
Monica Fourie –
Philna Van Schalkwyk –
Vanessa Gouws –
Yolandé Enslin –
GM VAN ROOYEN –
Hulpbronne is baie goed, dankie.
Monique Fouche –