Graad 3 Afrikaans EAT Kwartaal 1 Week 1
Hierdie Graad 3 Afrikaans Eerste Addisionele Taal Kwartaal 1 Week 1 & 2 Promosiepakket is saamgestel om onderwysers ’n praktiese voorbeeld te gee van die volledige MK-benadering tot weeklikse beplanning, daaglikse onderrig en leerderaktiwiteite.
Die pakket is gebou rondom Grootboek 1 – Warm roosterbrood op pad! en sluit alles in wat nodig is om Week 1 en Week 2 sinvol, gestruktureerd en leerdervriendelik aan te bied.
Die fokus val op luister en praat, woordeskat, klanke, gedeelde lees, eenvoudige begrip, taalgebruik en kort skryfwerk. Elke aktiwiteit vloei uit die weeklikse oorsig, die daaglikse aksiegids en die Grootboek-konteks, sodat die onderwyser nie losstaande werkvelle hoef te probeer inpas nie.
Wat is ingesluit?
- Weeklikse oorsig vir Kwartaal 1
- Daaglikse 5-dag opvoedergids vir die onderwyser
- Leerderwerkboek vir Week 1
- Woord- en klankkaartjies
- Grootboek-leeskaartjies
Week 1 fokus
Tema: Terug skool toe / Vriende
Grootboek: Grootboek 1 – Warm roosterbrood op pad!
Klankfokus: ei/eu en st/dr
Taalfokus: ek, jy, hy, sy, ons, hulle; teenwoordige tyd
Skryf: 2 eenvoudige sinne oor gevoel en help
Belangrik
Hierdie promosiepakket sluit nie formele SBA-assesseringstake of basislynassessering in nie. Assesseringstake word apart ontwikkel. Hierdie pakket fokus op onderrig, inoefening, woordeskat, lees, klanke, skryf en informele waarneming.






Reviews
There are no reviews yet