Kwartaal 2 lesplanne (100% KABV-belyn)
My Klaskamer se Graad R Kodering & Robotika-lesplanne vir Kwartaal 2 bou voort op die grondslag van Kwartaal 1 en neem leerders ’n stap verder in hul begrip van rekenaardenke – steeds op ’n speelse en ontwikkelingsgepaste manier.
Hierdie pakket is spesifiek ontwerp vir Graad R-leerders en fokus op die toepassing van eenvoudige planne, roetes en probleemoplossing, terwyl kernkonsepte herhaal en versterk word.
Wat leer leerders in Kwartaal 2?
Leerders ontwikkel verdere begrip van:
• Wat is ’n robot? (’n masjien-helper)
• Volg en skep van eenvoudige pyl-planne
• Beweeg op ’n roete met hindernisse (doolhof-logika)
• Breek take op en fokus op die belangrike
• Herken en voltooi AB-patrone
• Toestelle en hoe hulle werk (knoppies en skerms)
• Stop – Vra – Vertel (digitale veiligheid)
• Ontfout – maak ’n fout in ’n plan reg
Alles bly konkreet en prakties — met sterk fokus op doen, sien en ervaar.
Hoe werk die lesse?
Elke les volg ’n vaste, eenvoudige struktuur:
• Duidelike lesdoel en leeruitkomste
• KABV-bevoegdhede
Praktiese lesverloop in drie fases:
- Lyf-kodering (beweeg en ervaar)
- Vloer- / konkrete aktiwiteite
- Papier-aktiwiteite
- Afsluiting en refleksie
Leerders werk steeds volgens die “doen-eers” beginsel:
Lyf → Konkreet → Papier
Wat maak Kwartaal 2 anders?
• Meer fokus op roetes en probleemoplossing
• Leerders begin eie planne skep en toets
• Inleiding tot ontfouting (maak reg)
• Sterker koppeling tussen kodering, robotika en veiligheid
• Herhaling met meer doelgerigte toepassing









Anonymous (verified owner) –
Soraya Jacobs (verified owner) –