Graad R Kodering & Robotika Lesbeplanning & Werkkaarte Kwartaal 1

Rated 5.00 out of 5 based on 1 customer rating
(1 customer review)

R110,00 incl. VAT (15%)

Kwartaal 1 lesplanne (100% KABV-belyn)

My Klaskamer se Graad R Kodering & Robotika-lesplanne vir Kwartaal 1 bou ’n sterk grondslag vir rekenaardenke – op ’n speelse, ontwikkelingsgepaste manier.

Hierdie pakket is spesifiek ontwerp vir Graad R-leerders en volg ’n gestruktureerde, herhalende onderrigmodel wat jong kinders help om logies te dink, instruksies te volg en veilig in ’n digitale wêreld op te tree.

Wat leer leerders in Kwartaal 1?

Leerders ontwikkel begrip van:

• Wat is kodering? (Kry – Dink – Doen)
• Volgorde en instruksies
• Eenvoudige AB-patrone
• Veilig beweeg op ’n rooster (lyf-kodering)
• Stop – Vra – Vertel (digitale veiligheid)
• Breek ’n taak op in klein stappies (dekomposisie)
• Wat is ’n toestel?

Alles word prakties en konkreet aangebied — geen tegnologie-oorlading nie.

Hoe werk die lesse?

Elke les volg ’n vaste struktuur:

• Duidelike lesdoel en leeruitkomste
• KABV-bevoegdhede

Praktiese lesverloop in drie fases:
1. Lyf-kodering (beweeg en ervaar)
2. Vloer- / konkrete aktiwiteite
3. Papier-aktiwiteite

4. Afsluiting en refleksie

Leerders leer eers met hul lyf, dan met konkrete materiaal, en laastens op papier. Hierdie progressie verseker diep begrip en selfvertroue.

1 review for Graad R Kodering & Robotika Lesbeplanning & Werkkaarte Kwartaal 1

  1. Rated 5 out of 5

    Anonymous (verified owner)

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

Shopping Cart
Scroll to Top